Skip to content
Fontana Gemeente
  • Tuis
  • Meer Oor Ons
  • Resource Hub
  • Kontak Ons
Resource Hub
Fontana Gemeente

FONTANA – PLEK VAN LEWE

Welkom By Ons Gemeente

Ons is ‘n AGS gemeente geleë in die pragtige, boomryke wêreld van Piet Retief – met satelliet gemeentes in Amsterdam en Pongola. Ons droom is om te sien hoe mense se lewens getransformeer word om elke dag meer soos Jesus te lyk, sodat God se heerlikheid in elke sfeer van ons lewens sigbaar sal wees.

Ons fokus daarop om elke gelowige toe te rus om hul bediening uit te leef. Besoek die “Resource Hub” vir allerlei bedieningshulpbronne.

Besoek ons Resource Hub

Skakel In By Ons Sondag Live Stream

Elke Sondag om 9:00 am.

Skakel Nou In Vorige Boodskappe

WAT ONS DOEN

Ons Dien Ons Gemeenskap In Liefde

Ons glo dat Jesus Christus die hoop is vir elke mens in hierdie wêreld. Elke mens het ‘n rol om te speel – ‘n bediening om uit te leef. Daarom moedig ons elke lidmaat aan om mense te bedien waar hulle is, of dit nou by jou werk, jou gesin of jou vriendekring is. Ook is daar spesifieke bedieninge in die kerk waarby jy kan betrokke raak.

Meer Oor Bedieninge
Sondae Dienstye

Ons erediens is elke Sondag om 9:00.

Tieners

Ons tieners kom Vrydae 18:00 bymekaar.

Kinders

Dinamiese kinderkerk tydens die erediens.

Kalender​

Kyk wat gebeur wanneer.

Berading

Ontdek vryheid en innerlike genesing.

Bedieninge

Raak gerus betrokke by ‘n bediening in die gemeente.

Jesus se groot Opdrag:

Gaan en maak dissipels!

Ons roeping as gemeente is om werklik Jesus se opdrag om te “gaan” te gehoorsaam – om dissipels te maak, om uit te gaan in ons gemeenskap en ‘n verskil te maak, om te gaan en lig en sout te wees.

GEBEURTENISSE

God Nooi Ons Om Mekaar Te Geniet

God het ons geskape om in mekaar se lewens te deel en om die lewe te geniet. Kom kuier en bring iemand saam by ons spesiale geleenthede.

Sien Alle Spesiale Gebeure

Elke

Sondag

Sondae Oggenddienste

  • Sondae, 9:00 am – 10:30 am
  • Fontana Gemeente
Besonderhede

3, 4

Okt – 2023

Barnyard 2024

  • Begin 18:00 – 20:30
  • Ouditorium @ Fontana
Besonderhede

Gee Geleenthede

Maak ‘n Verskil Deur Finansiëel By Te Dra

Deur finansiëel by te dra maak jy ‘n impak in God se koninkryk. God nooi ons om ruimhartig te saai met ‘n blymoedige gesindheid – nooit uit dwang nie.

“

Tom McSeveney

TTN Missions

Baie van ons uitreik aksies by Fontana Gemeente gebeur deur Thol’ulwazi Thol’impilo Network.

Fontana Gemeente is bevoorreg om TTN Missions finansiëel te ondersteun. TTN Missions se doel is om die gemeenskap te bereik met die Goeie Nuus van Jesus Christus deur relevante projekte om armoede te verlig, deur opvoedkundige programme en mediese sorg aan agtergeblewe gemeenskappe te  bring en deur effektiewe dissipelskap programme wat mense help om Jesus te leer ken en vir die koninkryk van God te leef.

Vir meer inligting, besoek gerus hul Facebook blad deur hier te kliek.

DIT GAAN OOR JESUS

Wat Ons Glo​

Ons is ‘n AGS gemeente en glo bo alles dat Jesus Christus die Here is en die enigste Weg na God die Vader, ons glo in die kragtige werking van die Heilige Gees en die genade en liefde van God die Vader soos deur die Skrif geopenbaar.
Kliek op “Lees Meer…” hieronder om te ontdek wat ons glo.

Jesus Is Die Here​

Slegs deur wedergeboorte, wanneer ons Jesus aanneem word ‘n mens gered – deur geloof uit genade.

God Is Liefde​

God openbaar Homself as ‘n God van liefde. Hy ontvang elkeen wat deur Jesus na Hom toe draai.

Die Gees Bekragtig​

Die Heilige Gees bekragtig ons om God se wil in elke aspek van ons lewens op aarde te kan uitleef.

Lees Meer…

Frikkie & Lindie van der Merwe

Senior Pastoor van Fontana Gemeente

DIE KERK​

Ons lewe met ‘n liefde vir God en ‘n liefde vir mense

Ons is so bly jy besoek ons hier by Fontana Gemeente. Ons glo dat God elke mens nooi om na Hom te kom, soos jy is. Hy nooi ons om in ‘n hegte verhouding met Hom te begin leef. Maar God los ons nie net so waar ons is nie. Hy vorm ons om meer en meer soos Jesus Christus te lyk in elke deel van ons lewens.

Ons hart by Fontana is om saam met jou in daai reis te deel. Ons het nodig om daar te wees vir mekaar as gelowiges, om in liefde mekaar te bemoedig, te ondersteun, te leer en selfs te korrigeer.

Ons nooi jou, word deel. Kom volg Jesus saam met ons.

MAANDAE – VRYDAE / 8am – 4pm

Fontana Piet Retief
Mark Straat 28,
Piet Retief, 2380

admin@fontana.church​
082 903 8562​

Ons Visie:
Dat God se heerlikheid sigbaar sal wees.

YouTube Facebook Instagram TikTok WhatsApp

© 2025 Fontana Gemeente

  • Tuis
  • Meer Oor Ons
  • Resource Hub
  • Kontak Ons