Voltooi vandag nog jou Geestelike Gawes toets.
Ons glo dat God aan elke gelowige gawes en geleenthede gee. Sy wil is dat elkeen Hom sal dien deur ander mense te bedien in die konteks van die koninkryk van God en die kerk. Hierdie aanlyn toets is deel van ons Nuwe Vennote gesprek en word, onder begeleiding van die pastorale span, as hulpmiddel gebruik om jou te help om jou gawes te identifiseer en dan uit te leef.
Kliek op die skakel hieronder om die “3 Kleure Geestelike Gawes” toets te doen. Die toets duur so 20-30 minute. Die resultate word deur ons by Fontana uitgewerk en in ‘n een-tot-een gesprek met jou bespreek. Sodra jy die toets voltooi het, stuur gerus vir ons ‘n Whatsapp dan kan ons die resultate aan jou stuur.
